Huwelik Seminaar
Kom ons probeer mekaar verstaan
In die Bybel word daar vir ons raad gegee – Hy wil nie hê ons moet alleen wees nie. Hy het vir ons n maat gegee om by ons te pas. Sommige van ons is alleen, vir wat ook al die redes mag wees -en dis nie altyd maklik nie.
Maar ons weet, ons het n Vader in die Hemel en ons is Sy kinders, ons weet ons het n oop deur na Hom toe, en ons kan met Hom praat.
Ongelukkig is dit so dat vandag se huwelike in n krisis is. Dit staan in die spervuur van die satan, want hy weet as hy die huwelik gebreek het, het hy die kerk gebreek want die kerk is ‘n samestelling van families. Vandag sien ons families wat inmekaar sak rondom ons, en dit maak seer.
Dit kring uit en soveel mense en kinders word seer gemaak deur egskeidings.
Deesdae kan ‘n egskeiding binne 4 weke gefinaliseer word, en in 2015 was daar 25,260 egskeidings in Suid-Africa volgens die webwerf www.divorcelaws.co.za.statistics van Suid-Africa
As jy vandag soek na daardie geheim om jou familie weer heel te maak of daardie verhouding met jou kind weer reg te maak. As jy ernstig is daaroor en als wil gee met die hulp van Bo is die antwoord makliker as wat jy dink..
Dis als opgevat in die volgende 4 Lesings.
- Wat elke man van elke vrou & elke vrou van elke man moet weet.
- Kommunikasie!
- Vinnig….stadig….stadig
- Temperamente
Kontak ons gerus op ons Kontak bladsy om hierdie kragtige seminaar te reël, of om die DVD’s te bestel.